Kom Binne en Gesels saam!

Kletsnet is 'n netwerk van kletskamers wat 'n verskeidenheid  van klets moontlikhede vir ons lede aanbied. Oud en Jonk kan hier kom kuier en aansluit by een van ons Kletsgemeenskappe afhangende van jou ouderdom en jou belangstelling. Hier is werklik ietsie van alles - 'n "vryhoekie" vir die "grootmense",  'n splinternuwe Kletskamer vir Tieners ( Tienernet.co.za ), 'n algemene Afrikaanse kletskamer (Afrikaanschat.com), Opsitkers vir dié van ons wat "ouer" geselskap soek en Skopgat die plek waar die ouens van die "Wilde Weste" uithang.

So kom sit agteroor, sluit aan by een van ons groepe en kom maak kennis. Lees net asseblief  ons reëls en wees gewaarsku dat ons die reëls streng toepas vir al ons lede se onthalwe.

Om ons kletskamers te geniet moet jy "Flash" op jou rekenaar hê. As jy nie "Flash" het nie kan jy dit hier gaan aflaai. Dit installeer self en vat net 'n paar minute. Verder beveel ons aan dat jy ook "popups" moet toelaat van Kletsnet af - dit maak dit makliker om ons webwerf funksies te gebruik.

VRYNET - Hier vry ons! Ons is nie skaam daaroor nie - dis natuurlik! Die bye doen dit, die muskiete en die paddas ook! Ja...ons is almal oor 18 en niemand onder 18 mag hier saam met ons kuier nie. Ons is eerlik wanner ons sê dat hierdie kamer nie almal se smaak is nie maar ons maak ook nie verskonings nie - ons vry! Dis mos lekker en waar anders kan jy op 'n koue wintersnag lekker warm bloos wanner iemand jou bietjie aandag gee?

TIENERNET - NOU beskikbaar! Ons Splinternuwe Kletskamer vir Afrikaanse Tieners!

CHAT VIR JESUS - kom help ons om hierdie nuwe kletskamer aan die gang te kry! Nooi jou vriende om saam te kuier. Hier is 'n lekker gesellige hoekie op die internet om ander mense te ontmoet wat verkies om met Christen vriende te kuier. Hier kan julle lekker gesels ....weg van die rumoer en die probleme van die dag. Hier kan jy selfs 'n gebeds groep stig en gereeld hier saam met jou groep kom bid. Ons gaan binnekort inskakel na 'n Christen Radio sodat julle hier in ons kletskamer kan luister na pragtige Geestesmusiek terwyl julle kuier.

AFRIKAANSCHAT - 'n algemene Afrikaanse Chat Kamer waar Afrikaanssprekendes van oor die hele wêreld net lekker gesels en saam kuier. Alle ouderdoms groepe is hier welkom en die werf is "familie vriendelik"!

OPSITKERS - Kletsnet se nuutste kletskamer wat eersdaags beskikbaar sal wees vir ons ouer gemeenskap - 45+  ( Ja, selfs ons wat so 'n bietjie ondervinding van die lewe het wil ook saam kuier!)

SKOPGAT - Die naam sê als! Moenie hier kuier as jy bang is vir 'n kleurvolle gesprek nie. Dis die "Wille Weste" en ons maak nie verskonings nie! Net 18 en ouer mag hier kuier. (op jou eie RISIKO)